Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kaf
kaf [boodskap #131731] Sun, 21 June 2020 15:03
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21008
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Vrou wat rys van die kaf skei.
'n Vrou wat rys van die kaf skei.
kaf
Afbreking: kaf


Selfstandige naamwoord: kaf
Meervoud: kafte

Betekenis:
• Die afval van gedorste graan of peulvrugte.
• (figuurlik) Onsin; bog.

Gebruik:
• Die kaf word in bale verpak en verkoop.
• Nou praat jy kaf.

Spreekwoord:
• Hy verkoop kaf. [Hy praat bog.]
• Soos kaf voor die wind. [Onseker, onbestendig.]
• Die kaf van die koring skei. [Die goeie van die slegte skei.]
• 'n Ou voël met kaf probeer vang. [Probeer om 'n ervare persoon te kul.]
• Daar is nie koring sonder kaf nie. [Daar is niks goeds wat nie ook sy nadele het nie.]

Afgelei:
• kafagtig
• kafbaal
• kafdoppies
• kafdraf
• kafhok
• kafhoop
• kafpraatjies
• kafvoer

Vertaling:
Engels: chaff
Nederlands: kaf

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: isolasie
Volgende onderwerp: tonnel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 01:13:38 UTC 2025