isolasie [boodskap #131730] |
Sat, 20 June 2020 20:04 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
isolasie
Afbreking: i•so•la•sie
Selfstandige naamwoord: isolasie
Meervoud: isolasies
Betekenis:
• Afgesonder en van ander skei.
• Deur 'n materiaal afgesluit of omring.
Gebruik:
• Mense met die virus word in isolasie geplaas.
• Die behoorlike isolasie van elektriese drade voorkom kortsluitings.
Sinoniem:
• afsondering
• afsluiting
Afgelei:
• hitte-isolasie
• isolasieband
• isolasiefout
• isolasiemateriaal
• isolasiemoontlikhede
• isolasievermoë
• klankisolasie
Verwant:
• isoleer
• isolering
Vertaling:
Engels: isolation; insulation
Nederlands: isolatie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|