verdieping [boodskap #131728] |
Sat, 20 June 2020 13:06 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verdieping
Afbreking: ver•die•ping
Selfstandige naamwoord: verdieping
Meervoud: verdiepings, verdiepinge
Verkleinwoord: verdiepinkie
Meervoud van verkleining: verdiepinkies
Betekenis:
• Die ruimte tussen twee vloere van 'n gebou.
• Handeling van dieper maak.
Gebruik:
• My woonstel is op die vierde verdieping.
• Die verdieping van kennis behoort lewenslank 'n prioriteit te wees.
Spreekwoord:
• Dit skort hom in sy boonste verdieping. [Hy is nie reg in sy kop nie.]
Hiponiem:
• boverdieping
• grondverdieping
• kelderverdieping
• onderverdieping
• solderverdieping
• straatverdieping
• tussenverdieping
Afgelei:
• tweeverdiepinghuis
• verdiepinggebou
• verdiepinghuis
Afkorting:
• verd.
Vertaling:
Engels: floor, storey; deepening
Nederlands: verdieping
Nota:
• Die eerste verdieping van 'n gebou is een vlak bokant die grondvloer.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|