bewimpel [boodskap #131725] |
Sat, 20 June 2020 07:17 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bewimpel
Afbreking: be•wim•pel
Werkwoord: bewimpel
Verlede tyd: het bewimpel
Betekenis:
• Op 'n mooier manier stel; doekies omdraai.
Gebruik:
• Misdaadstatistiek word deesdae so bewimpel dat ons nie 'n werklike beeld van die veiligheidsituasie in die land kan vorm nie.
Spreekwoord:
• 'n Saak bewimpel. [Nie met die volle waarheid voor die dag kom nie; probeer toesmeer.]
Sinoniem:
• bemantel
• verberg
• verbloem
• verdoesel
• versag
• toesmeer
Verwant:
• bewimpelde
• bewimpeling
Vertaling:
Engels: to disguise, mask, cloak
Nederlands: bewimpelen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|