windgat [boodskap #131713] |
Wed, 17 June 2020 19:21 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
windgat
Afbreking: wind•gat
Samestelling: wind + gat
Byvoeglike naamwoord: windgat
Attributief: windgat
Betekenis:
• Spoggerig of grootpraterig.
Gebruik:
• Mensig, waar kry jy die windgat fiets!
Verwant:
• wintie
Vertaling:
Engels: smart
Nederlands: windgat
Selfstandige naamwoord: windgat
Meervoud: windgatte
Verkleinwoord: windgatjie
Meervoud van verkleining: windgatjies
Betekenis:
• (figuurlik) Iemand wat spog en grootpraat.
• 'n Gat waardeur die wind waai.
Gebruik:
• Ons sal die windgat op sy plek moet sit.
• Maak daai windgat agter jou toe.
Vertaling:
Engels: boaster, gas‐bag, windbag, show-off, blabbermouth; wind hole
Nederlands: windgat
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|