disprosium [boodskap #131686] |
Tue, 16 June 2020 17:14 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
disprosium
Afbreking: dis•pro•si•um
Selfstandige naamwoord: disprosium
Meervoud: –
Betekenis:
• Chemiese element in die periodieke tabel met simbool Dy en atoomgetal 66.
Gebruik:
• Disprosium is 'n glansende silwerwit metaal wat in die lug taamlik stabiel is, maar selfs in verdunde sure maklik oplos en waterstof vrystel.
Afgelei:
• disprosiumatoom
Vertaling:
Engels: dysprosium
Nederlands: dysprosium
Nota:
• Van die Griekse dysprositos , wat "moeilik om te vang" beteken.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|