krys [boodskap #131678] |
Tue, 16 June 2020 13:55 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
krys
Afbreking: krys
Werkwoord: krys
Verlede tyd: het gekrys
Betekenis:
• 'n Hoë, skril roep. Luidkeels skree om 'n deurdringende, rou klank voort te bring.
• Die geluid wat 'n kraai, raaf of meeu maak.
Gebruik:
• Dit is 'n woeste kus met trekstrome en meeue wat eensaam krys.
Antoniem:
• brul
Vertaling:
Engels: to shriek, caw, skirl
Nederlands: krijsen
Nota:
• Moenie "krys" met "kruis" verwar nie.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|