Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » sabotasie
sabotasie [boodskap #131664] Tue, 16 June 2020 09:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21008
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
sabotasie
Afbreking: sa•bo•ta•sie


Selfstandige naamwoord: sabotasie
Meervoud: sabotasies
Verkleinwoord: sabotasietjie
Meervoud van verkleining: sabotasietjies

Betekenis:
• Doelbewuste ingryping om iemand of 'n saak skade te berokken, dikwels deur infrastruktuur te verwoes en te vernietig.

Gebruik:
• Die terroriste poog om die regering deur middel van sabotasie en intimidasie te dwing om sy beleid te verander.

Afgelei:
• sabotasiepoging
• sabotasieveldtog
• sabotasiewet

Verwant:
• saboteer
• saboteur

Vertaling:
Engels: sabotage
Nederlands: sabotage

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: darmstadtium
Volgende onderwerp: nonnetjieuil
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 09 23:45:57 UTC 2025