dataduim [boodskap #131638] |
Mon, 15 June 2020 19:12 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
dataduim
Afbreking: da•ta•duim
Samestelling: data + duim
Selfstandige naamwoord: dataduim
Meervoud: dataduime
Verkleinwoord: dataduimpie
Meervoud van verkleining: dataduimpies
Betekenis:
• Toestel met flitsgeheue en 'n USB-koppelvlak waarop data gestoor word.
Gebruik:
• Ek het my belangrikste dokumente op 'n dataduim gebêre.
Sinoniem:
• datastafie
• datavinger
• geheuestokkie
• USB-stokkie
Vertaling:
Engels: thumb drive, memory stick, USB flash disk
Nederlands: geheugenstick, USB-staaf
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|