kwartaal [boodskap #131636] |
Mon, 15 June 2020 16:10 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kwartaal
Afbreking: kwar•taal
Selfstandige naamwoord: kwartaal
Meervoud: kwartale
Verkleinwoord: kwartaaltjie
Meervoud van verkleining: kwartaaltjies
Betekenis:
• Een van die vier dele waarin 'n jaar ingedeel word. Die kwart van 'n jaar, drie maande, dertien weke, of ongeveer 91 dae.
Gebruik:
• Januarie, Februarie en Maart is deel van die eerste kwartaal.
Sinoniem:
• trimester
Afkorting:
• kw.
Afgelei:
• kwartaalblad
• kwartaaldividend
• kwartaaleksamen
• kwartaalliks
• kwartaalrapport
• kwartaalrekening
• kwartaalsgewys
• kwartaalstaat
• kwartaalvergadering
• kwartaalverslag
Vertaling:
Engels: quarter; school term
Nederlands: kwartaal
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|