Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » indrukwekkend
indrukwekkend [boodskap #131634] Mon, 15 June 2020 11:52
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21008
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
indrukwekkend
Afbreking: in•druk•wek•kend
Samestelling: indruk + wek + -kend


Byvoeglike naamwoord: indrukwekkend
Vergrotende trap: indrukwekkender
Oortreffende trap: indrukwekkendste
Attributief: indrukwekkende
Partitief: indrukwekkends

Betekenis:
• Wat 'n groot indruk agterlaat.

Gebruik:
• Moderne 400-meter hoë wolkekrabbers is net so indrukwekkend as die piramides van Egipte.

Sinoniem:
• groots
• luisterryk
• ontsagwekkend

Afgelei:
• indrukwekkendheid

Vertaling:
Engels: imposing, impressive
Nederlands: indrukwekkend

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: hardvogtig
Volgende onderwerp: bitterbek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 09 23:08:34 UTC 2025