sesium [boodskap #131629] |
Sun, 14 June 2020 20:10 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
sesium
Afbreking: se•si•um
Selfstandige naamwoord: sesium
Meervoud: –
Betekenis:
• Chemiese element in die periodieke tabel met simbool Cs en atoomgetal 55.
Gebruik:
• Sesium is 'n sagte, silwergoud alkalimetaal met 'n smeltpunt van 28 °C wat dit een van slegs vyf metale maak wat 'n vloeistof by of naby aan kamertemperatuur is.
Afgelei:
• sesiumatoom
• sesiumchloried
• sesiumdamp
• sesiumfluoried
• sesiumhidroksied
• sesiumsianied
• sesiumverbinding
Vertaling:
Engels: caesium
Nederlands: cesium
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|