Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » neutraal
neutraal [boodskap #131606] Sun, 14 June 2020 16:48
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21008
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
neutraal
Afbreking: neu•traal
Uitspraak: /nɪøˈtrɑːl/


Byvoeglike naamwoord: neutraal
Vergrotende trap: neutraler
Oortreffende trap: neutraalste
Attributief: neutrale

Betekenis:
• Nie kant kies nie.
• (chemie) Nie suur of alkalies nie.
• (fisika) Nie een van twee teenoorgesteldes nie.

Gebruik:
• Switserland is bekend vir sy geskiedenis om in oorlogstye neutraal te bly.
• 'n Oplossing met 'n pH van 7 is neutraal.
• 'n Neutron is nie positief of negatief nie, maar neutraal.

Sinoniem:
• afsydig
• draadsittery
• onpartydig
• onsydig

Antoniem:
• partydig

Verwant:
• neutralisasie
• neutraliseer
• neutraliteit

Vertaling:
Engels: neutral, impartial
Nederlands: neutraal

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kraaie
Volgende onderwerp: kosbaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 09 23:11:46 UTC 2025