Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » sink
sink [boodskap #131591] So., 14 Junie 2020 09:15
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25519
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
sink
Afbreking: sink


Werkwoord: sink
Verlede tyd: het gesink
Teenwoordige deelwoord: sinkend, sinkende
Verlede deelwoord: gesinkte

Betekenis:
• Om onder toe te gaan; in 'n vloeistof afsak.

Gebruik:
• Toe die Titanic sink het 1517 mense hul lewens verloor.

Spreekwoord:
• Sy hart sink in sy skoene. [Sy moed begeef hom.]
• Ek wou deur die grond sink. [Baie verleë en skaam.]

Antoniem:
• dryf

Vertaling:
Engels: to sink
Nederlands: zinken


Selfstandige naamwoord: sink
Meervoud:

Betekenis:
• Chemiese element in die periodieke tabel met simbool Zn en atoomgetal 30.
• 'n Dun geriffelde plate van metaal.

Gebruik:
Sink is matig reaktief, vorm verbindings met nie-metale en reageer met verdunde sure om waterstof vry te stel.
• 'n Sink het van die huisie se dak afgewaai.

Afgelei:
• sinkaanvulling
• sinkchloried
• sinkerts
• sinklegering
• sinkneerslag
• sinkplaat
• sinksalf
• sinkhoudend
• sinkoksied
• sinksulfied
• sinktekort

Vertaling:
Engels: zinc; corrugated iron
Nederlands: zink

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: nikkel
Volgende onderwerp: gallium
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do. Jun. 18 03:37:26 UTC 2026