Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » sink
sink [boodskap #131591] Sun, 14 June 2020 09:15
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21008
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
sink
Afbreking: sink


Werkwoord: sink
Verlede tyd: het gesink

Betekenis:
• Onder toe gaan, gewoonlik in 'n vloeistof; afsak.

Gebruik:
• Toe die Titanic sink het 1517 mense hul lewens verloor.

Spreekwoord:
• Sy hart sink in sy skoene. [Sy moed begeef hom.]
• Ek wou deur die grond sink. [Baie verleë en skaam.]

Antoniem:
• dryf

Vertaling:
Engels: to sink
Nederlands: zinken


Selfstandige naamwoord: sink
Meervoud:

Betekenis:
• Chemiese element in die periodieke tabel met simbool Zn en atoomgetal 30.
• 'n Dun geriffelde plate van metaal.

Gebruik:
Sink is 'n metaal met 'n matige reaktiwiteit wat met suurstof en ander nie-metale verbindings kan vorm en reageer met verdunde sure met die gepaardgaande vrystelling van waterstof.
• 'n Sink het van die huisie se dak afgewaai.

Afgelei:
• sinkaanvulling
• sinkchloried
• sinkerts
• sinklegering
• sinkneerslag
• sinkplaat
• sinksalf
• sinkhoudend
• sinkoksied
• sinksulfied
• sinktekort

Vertaling:
Engels: zinc; corrugated iron
Nederlands: zink

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: nikkel
Volgende onderwerp: gallium
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 09 23:31:45 UTC 2025