amerikium [boodskap #131564] |
Sat, 13 June 2020 20:18 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
amerikium
Afbreking: ame•ri•ki•um
Selfstandige naamwoord: amerikium
Meervoud: –
Betekenis:
• Sintetiese element in die periodieke tabel met simbool Am en atoomgetal 95.
Gebruik:
• Amerikium het 'n wit en silwerige glinstering, maar teen kamertemperatuur verdof dit stadig in droë lug.
Afgelei:
• amerikiumatoom
Vertaling:
Engels: americium
Nederlands: americium
Nota:
• Die element is na die Amerikas genoem, na aanleiding van die vernoeming van europium na Europa.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|