rooikat [boodskap #131550] |
Fri, 12 June 2020 11:48 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
rooikat
Afbreking: rooi•kat
Samestelling: rooi + kat
Selfstandige naamwoord: rooikat
Meervoud: rooikatte
Verkleinwoord: rooikatjie
Meervoud van verkleining: rooikatjies
Betekenis:
• 'n Katspesie van die felis-groep wat in Afrika en Asië voorkom, Caracal caracal.
Gebruik:
• Rooikatte is alleenlopende diere wat slegs vir paardoeleindes bymekaarkom.
Sinoniem:
• karakal
Hiperoniem:
• kat
Vertaling:
Engels: caracal, lynx
Nederlands: caracal
Xhosa: tuane
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|