Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » fonds
fonds [boodskap #131542] Thu, 11 June 2020 15:26
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21008
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
fonds
Afbreking: fonds


Selfstandige naamwoord: fonds
Meervoud: fondse
Verkleinwoord: fondsie
Meervoud van verkleining: fondsies

Betekenis:
• Kapitaal/ geld wat vir ’n bepaalde doel byeengebring word.

Gebruik:
• As werknemers wat tot die fonds bygedra het hul werk verloor en nie ander werk kan kry nie, kan hulle van die fonds eis.

Hiponiem:
• aftreefonds
• rampfonds
• siekefonds
• skenkingsfonds
• spaarfonds
• studiefonds
• pensioenfonds
• voorsorgfonds
• wesefonds
• waarborgfonds

Afgelei:
• befonds (ww.)
• fondsbesteding
• fondsinsameling

Homofoon:
• vonds (iets wat gevind is)

Vertaling:
Engels: fund, stock
Nederlands: fonds

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vonds
Volgende onderwerp: feil
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 09 22:00:19 UTC 2025