kopskuif [boodskap #131532] |
Wed, 10 June 2020 14:41 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kopskuif
Afbreking: kop•skuif
Samestelling: kop + skuif
Selfstandige naamwoord: kopskuif
Meervoud: kopskuiwe
Verkleinwoord: kopskuifie
Meervoud van verkleining: kopskuifies
Betekenis:
• Om nuut of anders oor 'n saak te dink; die denkpatroon verander.
Gebruik:
• Dis soms moeilik om 'n kopskuif te maak om ingewortelde gewoontes te verander.
• Maak elke dag 'n kopskuif vir beter geestelike en liggaamlike gesondheid.
Sinoniem:
• paradigmaskuif
Vertaling:
Engels: mind-shift, paradigm shift
Nederlands: paradigmaverschuiving
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|