Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » semel
semel [boodskap #131523] Wo, 10 Junie 2020 09:52
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20792
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
semel
Afbreking: se•mel


Selfstandige naamwoord: semel
Meervoud: semels
Verkleinwoord: semeltjie
Meervoud van verkleining: semeltjies

Betekenis:
• Die vlies of doppie van 'n graankorrel.
• (figuurlik) Onbeholpe of onervare manlike persoon.

Gebruik:
• Om wit meel te kry moet die semel en kiem verwyder word. Semels is ryk aan voedingsvesel en bevorder die stoelgang.
• Waar kom die semel vandaan?

Sinoniem:
• perikarp

Afgelei:
• semelagtig
• semelbroek
• semelbrood
• semelknoper
• semelkuiken

Vertaling:
Engels: bran
Nederlands: zemel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: strak
Volgende onderwerp: rondawel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Nov 25 07:24:43 MGT 2024