Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » toffie
toffie [boodskap #131521] Di, 09 Junie 2020 12:35
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20792
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Toffies
Toffies
toffie
Afbreking: tof•fie


Selfstandige naamwoord: toffie
Meervoud: toffies
Verkleinwoord: toffietjie
Meervoud van verkleining: toffietjies

Betekenis:
• 'n Taai lekker, gemaak deur suiker en botter saam te kook.
• (figuurlik) Iets moeiliks, waarmee daar gesukkel word.
• 'n Lelike handteken.

Gebruik:
• Sy koop 'n toffie by die kafee.
• Die droogte is 'n taai toffie om te kou.
• Toe die ou voor hom indruk, wys hy vir hom 'n toffie.

Spreekwoord:
• As jy jou vir 'n toffie uitgee, moet jy verwag om gekou te word. [Pas op hoe jy jouself voorstel en waarvoor jy jou inlaat.]

Sinoniem:
• tameletjie

Afgelei:
• toffieappel
• toffiekleurig

Vertaling:
Engels: toffee
Nederlands: toffee

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: motorhawe
Volgende onderwerp: strak
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Nov 25 07:34:20 MGT 2024