koets [boodskap #131492] |
Sa, 06 Junie 2020 14:21 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20792 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
koets
Afbreking: koets
Selfstandige naamwoord: koets
Meervoud: koetse
Verkleinwoord: koetsie
Meervoud van verkleining: koetsies
Betekenis:
• 'n Deftige rytuig met vier wiele wat deur perde getrek word.
Gebruik:
• Die prinses het 'n koets bestel om haar na die dans te neem.
Afgelei:
• koetsier
• koetsperd
Vertaling:
Engels: coach, carriage
Nederlands: koets
Werkwoord: koes, koets
Verlede tyd: het gekoes, het gekoets
Betekenis:
• Ontwykend duik of buk sodat jy nie getref of gesien word nie; wegduik; wegbuk.
Gebruik:
• Koets vir die klippe.
Wisselvorm:
• koes
Vertaling:
Engels: to duck
Nederlands: bukken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|