Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » sif
sif [boodskap #131470] Wo., 03 Junie 2020 12:42
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24472
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Sif.
'n Sif.
sif
Afbreking: sif


Selfstandige naamwoord: sif
Meervoud: siwwe, sifte
Verkleinwoord: siffie
Meervoud van verkleining: siffies

Betekenis:
• 'n Toestel met klein gaatjies waarmee growwe van fyn deeltjies geskei word.

Gebruik:
• Skud eers die meel deur 'n sif.

Hiponiem:
• meelsif

Afgelei:
• sifagtig
• sifdeur
• sifdoek
• sifdraad
• sifplaat
• sifsel
• siftery
• sifting
• sifvormig

Vertaling:
Engels: sieve, sifter, strainer
Nederlands: zeef


Werkwoord: sif
Verlede tyd: het gesif
Verlede deelwoord: gesifde

Betekenis:
• Deur 'n sif laat loop of skud.
• (figuurlik) Die beter dinge skei van wat minder goed is.

Gebruik:
• Sy sif die meel voor sy dit gebruik.
• Ná die sluitingsdatum sif die paneel deur die aansoeke.

Vertaling:
Engels: to sieve, strain, screen, sift
Nederlands: zeven

Nota:
• Moenie "sif" met "suf" (verstandelik moeg) verwar nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kruiptrekker
Volgende onderwerp: kanovaart
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Feb. 21 16:13:16 UTC 2026