iesegrimmig [boodskap #131468] |
Tue, 02 June 2020 20:26 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
iesegrimmig
Afbreking: ie•se•grim•mig
Byvoeglike naamwoord: iesegrimmig
Vergrotende trap: iesegrimmiger
Oortreffende trap: iesegrimmigste
Attributief: iesegrimmige
Partitief: iesegrimmigs
Betekenis:
• Iemand wat moeilik is en maklik geïrriteer word.
Gebruik:
• Wanneer ek moeg en honger is, raak ek iesegrimmig en onnodig onredelik met ander.
Sinoniem:
• brommerig
• klaerig
• klaagsiek
• knorrig
• nors
• nukkerig
• prikkelbaar
• stuurs
Afgelei:
• iesegrimmigheid
Vertaling:
Engels: bearish, surly, grumpy
Nederlands: iezegrimmig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|