doelwit [boodskap #131455] |
Sun, 31 May 2020 13:36 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
doelwit
Afbreking: doel•wit
Selfstandige naamwoord: doelwit
Meervoud: doelwitte
Verkleinwoord: doelwitjie
Meervoud van verkleining: doelwitjies
Betekenis:
• Dit wat 'n mens graag wil bereik. Die gewenste resultaat wat nagejaag word.
Gebruik:
• Baie mense beywer hulle om 'n doelwit teen 'n sekere tyd te bereik deur sperdatums op te stel.
Sinoniem:
• doelstelling
• mikpunt
Vertaling:
Engels: target, objective
Nederlands: doelwit
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|