drag [boodskap #131447] |
Sat, 30 May 2020 08:35 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
drag
Afbreking: drag
Selfstandige naamwoord: drag
Meervoud: dragte
Verkleinwoord: draggie
Meervoud van verkleining: draggies
Betekenis:
• Klere wat mens dra; kleding; gewaad.
• Die hoeveeldheid van iets wat gedra word; bondel; lading.
• Die dratyd van 'n plant/boom of swanger wyfiedier.
Gebruik:
• Hoe durf jy in die verspotte drag by die werk opdaag?
• Hy maak 'n drag hout bymekaar om vuur te kan maak.
• Na 'n drag van elf maande word 'n kalfie gebore.
Afgelei:
• kleredrag
• slenterdrag
• skooldrag
Vertaling:
Engels: costume, outfit, suit; burden, load; litter
Nederlands: dracht
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|