Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » os
os [boodskap #131440] Fri, 29 May 2020 18:59
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21008
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Span osse.
'n Span osse.
os
Afbreking: os


Selfstandige naamwoord: os
Meervoud: osse
Verkleinwoord: ossie
Meervoud van verkleining: ossies

Betekenis:
• 'n Gekastreerde beesbul.

Gebruik:
• Die os is een van die oudste trekdiere wat deur mense gebruik word.

Spreekwoord:
• Eerlik het 'n os geslag. [Spottend gesê van 'n skynheilige wat betrap word.]
• Van die os op die jas/esel. [Van een onderwerp sonder voorbereiding na 'n ander oorgaan.]

Afgelei:
• ossewa
• osstert
• ostong
• osvel
• ossweep

Verwant:
• tollie

Vertaling:
Engels: ox, bullock
Nederlands: os

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vroom
Volgende onderwerp: tollie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 09 17:19:05 UTC 2025