Betekenis:
• 'n Golwing of rimpeling in dierlike of plantaardig weefsel.
• 'n Rimpeling wat ontstaan as materiaal gevou word.
• (geologie) Golwing in 'n aardlaag of in gesteente.
Gebruik:
• Die ou vrou se gesig is in plooie getrek.
• Sy stryk die plooie uit die verkreukelde rok.
• 'n Monoklien is 'n trapsgewyse plooi in rotslae.
Spreekwoord:
• 'n Goeie plooi aan iets gee. [Dit aanneemlik voorstel.]