Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » hoes
hoes [boodskap #131413] Wed, 27 May 2020 08:14
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21007
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Hoes
Hoes
hoes
Afbreking: hoes


Werkwoord: hoes
Verlede tyd: het gehoes
Teenwoordige deelwoord: hoesend, hoesende

Betekenis:
• Asem luid uit die keel stoot om dit skoon te maak. Die eksplosiewe uitaseming van lug.

Gebruik:
• Die arme kind hoes hom byna dood.

Afgelei:
• ophoes
• uithoes

Verwant:
• kug
• roggel

Vertaling:
Engels: to cough
Nederlands: hoesten


Selfstandige naamwoord: hoes
Meervoud: hoeste, hoesse
Verkleinwoord: hoesie
Meervoud van verkleining: hoesies

Betekenis:
• 'n Refleksbeweging waartydens lug eksplosief uitgestoot word.

Gebruik:
• Hy gee 'n benoude hoes.

Hiponiem:
• kinkhoes
• kramphoes
• prikkelhoes
• slymhoes

Afgelei:
• hoesaanval
• hoesbui
• hoesdrankie
• hoesery
• hoesgoed
• hoesklontjie
• hoesmiddel
• hoespil
• hoesstroop
• hoesterig
• hoesstillend
• hoesvlaag

Vertaling:
Engels: cough
Nederlands: hoest

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: hark
Volgende onderwerp: burgerskap
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 09 16:23:44 UTC 2025