hark [boodskap #131412] |
Wed, 27 May 2020 07:37 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21007 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
hark
Afbreking: hark
Selfstandige naamwoord: hark
Meervoud: harke
Verkleinwoord: harkie
Meervoud van verkleining: harkies
Betekenis:
• Tuingereedskap met tande en 'n lang steel om grond gelyk te maak of dinge (soos blare, gras en hooi) bymekaar te skraap.
Gebruik:
• Beddings word gewoonlik met handgereedskap soos harke en skoffels bewerk.
Vertaling:
Engels: rake
Nederlands: hark
Werkwoord: hark
Verlede tyd: het gehark
Betekenis:
• Met 'n hark bewerk (bymekaar- of gelykmaak).
Gebruik:
• Hark asseblief die blare op.
Vertaling:
Engels: to rake, harrow
Nederlands: harken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|