Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » doop
doop [boodskap #131404] Tue, 26 May 2020 15:17
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21006
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Portret wat Jesus se doop uitbeeld.
Portret wat Jesus se doop uitbeeld.
doop
Afbreking: doop


Werkwoord: doop
Verlede tyd: het gedoop

Betekenis:
• Iets bevogtig deur dit in 'n vloeistof te dompel.
• (religie) Ritueel om iemand se sondes af te was en tot 'n geloof toe te laat.
• Iets of iemand benoem; 'n naam gee.

Gebruik:
• Sy doop 'n stukkie beskuit in boeretroos.
• Die kind word Sondag tydens die erediens gedoop.
• Ons gaan die hond Blikkies doop.

Spreekwoord:
• Hy doop sy pen in gal. [Bitter oor iets skryf.]

Vertaling:
Engels: to dip, immerse; baptize, christen; name
Nederlands: dopen


Selfstandige naamwoord: doop
Meervoud: dope

Betekenis:
• Plegtige besprinkeling of onderdompeling waarmee iemand se sonde afgewas word en hy/sy tot 'n kerk toegelaat word.

Gebruik:
• Die doop word op verskillende maniere gevier, bv. klein doop en die groot doop.

Afgelei:
• kinderdoop
• vuurdoop

Vertaling:
Engels: baptism, christening
Nederlands: doop

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: slu
Volgende onderwerp: delfstof
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 09 16:09:44 UTC 2025