pylwortel [boodskap #131399] |
Tue, 26 May 2020 10:08 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21007 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
pylwortel
Afbreking: pyl•wor•tel
Samestelling: pyl + wortel
Selfstandige naamwoord: pylwortel
Meervoud: pylwortels
Verkleinwoord: pylworteltjie
Meervoud van verkleining: pylworteltjies
Betekenis:
• Styselmeel verkry van die knolle en wortelstokke van tropiese plante.
Gebruik:
• Pylwortel word in die kookkuns as verdikkingsmiddel gebruik.
Sinoniem:
• araroet
Vertaling:
Engels: arrowroot
Nederlands: pijlwortel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|