Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » derm
derm [boodskap #131393] Mon, 25 May 2020 16:26
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21007
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Derms
Derms
derm
Afbreking: derm


Selfstandige naamwoord: derm
Meervoud: derms
Verkleinwoord: dermpie
Meervoud van verkleining: dermpies

Betekenis:
• Deel van die spysverteringstelsel tussen die maag en die anus.

Gebruik:
• Die beweging van die gas in die derm veroorsaak 'n borrelende geluid (borborigmus).

Spreekwoord:
• Hy kerm soos 'n kat oor 'n derm. [Oor onsin kla en neul.]

Sinoniem:
• spysverteringskanaal

Hiponiem:
• blindederm
• dikderm
• dunderm
• kronkelderm
• slukderm

Afgelei:
• dermaanhangsel
• dermafsluiting
• dermatologie
• dermatoloog
• dermbeweging
• dermbreuk
• dermkanaal
• dermknoop
• dermkram
• dermontsteking
• dermsap
• dermspoeling
• dermvergiftiging
• dermvernouing
• dermverstopping
• dermvet
• dermvlies

Verwant:
• ingewande

Vertaling:
Engels: intestine, gut, entrails
Nederlands: darm

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: blas
Volgende onderwerp: kokon
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 09 16:27:53 UTC 2025