angswekkend [boodskap #131388] |
Mon, 25 May 2020 10:47 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21005 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
angswekkend
Afbreking: angs•wek•kend
Samestelling: angs + wekkend
Byvoeglike naamwoord: angswekkend
Vergrotende trap: angswekkender
Oortreffende trap: angswekkendste
Attributief: angswekkende
Partitief: angswekkends
Betekenis:
• Wat angs en vrees veroorsaak.
Gebruik:
• So angswekkend was die verskynsel dat Moses uitgeroep het: "Ek sidder van angs!" [Hebreërs 12:21]
Sinoniem:
• kommerwekkend
• sorgbarend
• verontrustend
• vreesaanjaend
Afgelei:
• angswekkendheid
Vertaling:
Engels: alarming, frightening, horrible
Nederlands: angstwekkend
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|