swyg [boodskap #131373] |
Sat, 23 May 2020 12:58 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21005 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
swyg
Afbreking: swyg
Werkwoord: swyg
Verlede tyd: het geswyg
Teenwoordige deelwoord: swygende
Betekenis:
• Om nie te praat nie.
Gebruik:
• Waarvan mens nie kan praat nie, daarvoor moet mens swyg.
Spreekwoord:
• Swyg soos 'n mofskaap. [Volstrek niks sê nie.]
• Hy swyg soos die graf. [Om die stilswye te bewaar.]
• Wie swyg, stem toe. [Wie geen beswaar inbring nie, keur dit goed.]
Sinoniem:
• stilbly
Antoniem:
• babbel
• praat
Afgelei:
• doodswyg
• stilswye
• swygelaar
• swygreg
• swygsaam
• verswyg
Vertaling:
Engels: to be quiet, kept silent
Nederlands: zwijgen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|