Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gaap
gaap [boodskap #131363] Sat, 23 May 2020 08:34
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21004
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Gaap is aansteeklik.
Gaap is aansteeklik.
gaap
Afbreking: gaap


Werkwoord: gaap
Verlede tyd: het gegaap
Teenwoordige deelwoord: gapende

Betekenis:
• Om die mond wawyd oop te maak as gevolg van 'n tekort aan suurstof, moegheid of verwondering.

Gebruik:
• Sit jou hand voor jou mond, sê die hoender vir die hond, sê die aap vir die skaap as jy gaap.
• Die leeus het gebrul en gegaap en gelyk of hulle baie honger was vir kindervleis.

Spreekwoord:
• Die kraaie gaap. [Dis baie warm.]

Afgelei:
• aangaap
• ginnegaap
• vergaap

Vertaling:
Engels: to gape, yawn
Nederlands: gapen


Selfstandige naamwoord: gaap
Meervoud: gape
Verkleinwoord: gapie
Meervoud van verkleining: gapies

Betekenis:
• 'n Wyd oopgerekte mond.

Gebruik:
• Sjoe, dit was 'n lang gaap.

Vertaling:
Engels: yawn, yawning
Nederlands: gaap

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: flous
Volgende onderwerp: heg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 09 14:57:56 UTC 2025