gesang [boodskap #131360] |
Fri, 22 May 2020 16:24 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21005 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
gesang
Afbreking: ge•sang
Uitspraak: /χəˈsɑŋ/
Selfstandige naamwoord: gesang
Meervoud: gesange
Verkleinwoord: gesangetjie
Meervoud van verkleining: gesangetjies
Betekenis:
• Klank wat deur sang voortgebring word.
• 'n Soort kerklied (psalms en gesange).
Gebruik:
• Die voëls vul die lug met hul vrolike gesang.
• Die gemeente sing 'n gesang.
Spreekwoord:
• Sy sit die gesang in. [Sy begin huil.]
• Hy sing 'n ou gesang. ['n Ou, netelige saak weer ophaal.]
• Hy sing altyd dieselfde gesang. [Hy kom altyd met dieselfde ou storie.]
Sinoniem:
• sang
Afgelei:
• voëlgesang
Vertaling:
Engels: song, hymn
Nederlands: gezang
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|