minnesang [boodskap #131358] |
Fri, 22 May 2020 15:20 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21005 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
minnesang
Afbreking: min•ne•sang
Selfstandige naamwoord: minnesang
Meervoud: –
Betekenis:
• 'n Lied (of die uitvoering daarvan) wat die liefde besing, veral ook dié wat in die Middeleeue in Duitsland sy bloeitydperk beleef het.
Gebruik:
• 'n Eensame brulpadda sing sy minnesang, naarstiglik soekend na 'n wyfie om te bekoor.
Sinoniem:
• liefdeslied
• minnelied
Afgelei:
• minneliriek
• minnesanger
• minnesangerskuns
Vertaling:
Engels: love's lament
Nederlands: minnezang
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|