kniehalter [boodskap #131340] |
Wed, 20 May 2020 09:08 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21005 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kniehalter
Afbreking: knie•hal•ter
Samestelling: knie + halt(er)
Werkwoord: kniehalter
Verlede tyd: het gekniehalter
Betekenis:
• Beweging of vooruitgang strem.
Gebruik:
• Ná die inperking gaan beurtkrag die ekonomie kniehalter.
Spreekwoord:
• Hy kniehalter my. [Iemand baie min vrye beweging toelaat.]
Wisselvorm:
• knelter
Sinoniem:
• belemmer
• beperk
• terughou
Vertaling:
Engels: to handicap, hamshackle, knee‐halter
Nederlands: handicappen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|