mortaliteit [boodskap #131336] |
Tue, 19 May 2020 17:40 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21004 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
mortaliteit
Afbreking: mor•ta•li•teit
Selfstandige naamwoord: mortaliteit
Meervoud: –
Betekenis:
• Die geneigdheid om dood te gaan; sterflikheid.
• Statistiese koers van sterftes in 'n populasie; sterftesyfer.
Gebruik:
• Ons almal word die een of ander tyd met ons eie mortaliteit gekonfronteer.
• Die koronavirus se mortaliteit is tussen 2% en 3%, wat redelik laag is in vergelyking met die SARS-virus in 2003.
Antoniem:
• immortaliteit
Afgelei:
• mortaliteitsyfer
• mortaliteitsrisiko
Vertaling:
Engels: mortality
Nederlands: mortaliteit
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|