epog [boodskap #131334] |
Tue, 19 May 2020 16:35 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21005 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
epog
Afbreking: e•pog
Selfstandige naamwoord: epog
Meervoud: epogge
Betekenis:
• 'n Tydperk gekenmerk deur 'n gedenkwaardige gebeurtenis.
• (sterrekunde) Tydperk waarin die lugkoördinate van 'n hemelliggaam as konstant beskou kan word.
• (geologie) Tydperk op die geologiese tydskaal, korter is as 'n periode en langer as 'n tydsnede.
Gebruik:
• Die 21ste eeu is die begin van 'n nuwe epog in inligtingstegnologie en rekenarisering.
• Die huidige epog is J2000, wat staan vir 1 Januarie 2000 om 12:00 Aardtyd. Die volgende epog sal J2050 wees.
• Die Aarde is tans in die Holoseen-epog van die Kwartêre periode.
Sinoniem:
• tydvak
• tydperk
Afgelei:
• epogaal
• epogmakend
Vertaling:
Engels: epoche
Nederlands: epoche; tijdvak
Nota:
• Van Grieks epoche, pouse.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|