dikvellig [boodskap #131328] |
Tue, 19 May 2020 10:25 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21005 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
dikvellig
Afbreking: dik•vel•lig
Samestelling: dik + vellig
Byvoeglike naamwoord: dikvellig
Vergrotende trap: dikvelliger
Oortreffende trap: dikvelligste
Attributief: dikvellige
Betekenis:
• Wat kritiek kan hanteer en nie maklik ontsteld of beledig word nie.
Gebruik:
• 'n Mens moet dikvellig wees om by hierdie maatskappy te kan oorleef.
Vergelyking:
• So dikvellig soos 'n renoster. [Baie ongevoelig.]
Sinoniem:
• ongevoelig
• stompsinnig
Antoniem:
• fyngevoelig
• liggeraak
• sensitief
Afgelei:
• dikvelligheid
Vertaling:
Engels: thick-skinned, callous, pachydermatous
Nederlands: dikhuidig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|