kabel [boodskap #131323] |
Mon, 18 May 2020 18:28 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21005 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kabel
Afbreking: ka•bel
Selfstandige naamwoord: kabel
Meervoud: kabels
Verkleinwoord: kabeltjie
Meervoud van verkleining: kabeltjies
Betekenis:
• 'n Dik tou, draad of ketting.
• Omhulsel met twee of meer geïsoleerde elektriese bane.
Gebruik:
• Die hysbak se kabel het gebreek.
• Druk die ketel se kabel in die prop.
Spreekwoord:
• Daar is 'n kinkel in die kabel. [Onvoorsiene moeilikheid.]
Afgelei:
• kabelbaan
• kabelbrug
• kabelgaring
• kabelkar
• kabellengte
• kabelspoor
Vertaling:
Engels: cable, hawser; wire
Nederlands: kabel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|