| boeg [boodskap #131316] |
Ma., 18 Mei 2020 15:49 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24162 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die boeg van 'n vragskip.
boeg
Afbreking: boeg
Selfstandige naamwoord: boeg
Meervoud: boeë
Betekenis:
• Die voorste deel van 'n skip of boot.
• (verouderd) Die bo-arm of blad (veral van 'n perd).
Gebruik:
• 'n Skip se boeg moet nie net vaartbelyn wees nie, maar ook hoog genoeg sodat water nie oor die dek spoel nie.
Spreekwoord:
• Gooi dit oor 'n ander boeg. ['n Ander draai aan 'n saak gee om 'n doel te bereik.]
Sinoniem:
• voorstewe
Antoniem:
• agterstewe
• hek
Afgelei:
• boeganker
• boegbeeld
• boeggolf
• boeglam
• boeglyn
• boegseer
• boegspriet
• boegwater
• siekeboeg
Vertaling:
Engels: bow, front of a boat or ship
Nederlands: boeg
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|