komitee [boodskap #131313] |
Mon, 18 May 2020 14:56 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21005 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
komitee
Afbreking: ko•mi•tee
Selfstandige naamwoord: komitee
Meervoud: komitees
Verkleinwoord: komiteetjie
Meervoud van verkleining: komiteetjies
Betekenis:
• Groep mense wat verkies of aangestel is om iets te ondersoek of 'n spesifieke taak uit te voer.
Gebruik:
• As Moses 'n komitee gehad het, het die Israeliete vandag nog in die woestyn gesit.
Afkorting:
• kom.
Hiponiem:
• ad hoc-komitee
• keurkomitee
• skakelkomitee
• skoolkomitee
• subkomitee
• tugkomitee
Afgelei:
• komiteelid
• komiteevergadering
• komiteeverslag
Vertaling:
Engels: committee
Nederlands: commissie, comité
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|