| skavot [boodskap #131294] |
Sa., 16 Mei 2020 09:46 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24162 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die skavot waar die eerste vrou in 1851 in Kalifornië gehang is.
skavot
Afbreking: ska•vot
Selfstandige naamwoord: skavot
Meervoud: skavotte
Betekenis:
• 'n Platform met 'n galg of 'n valbyl waar veroordeeldes tereggestel word, of stellasie met 'n paal waar lyfstraf toegedien word.
Gebruik:
• Die misdadiger is na die skavot gestuur om gehang te word vir die moord op sy vrou.
Sinoniem:
• galg
• hangplek
Afgelei:
• skavotpaal
Vertaling:
Engels: scaffold
Nederlands: schavot
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|