Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vaarwater
vaarwater [boodskap #131288] Fri, 15 May 2020 17:25
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21004
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
vaarwater
Afbreking: vaar•water
Samestelling: vaar + water


Selfstandige naamwoord: vaarwater
Meervoud: vaarwaters
Verkleinwoord: vaarwatertjie
Meervoud van verkleining: vaarwatertjies

Betekenis:
• Die gedeelte van 'n waterliggaam waarop 'n vaartuig, hoe klein ook, kan vaar.
• (figuurlik) Beweegruimte.

Gebruik:
• Die skerp rotsstroke en vlak riwwe maak dit gevaarlike vaarwater vir skepe.
• Die maatskappy bevind hom in onstuimige vaarwater.

Spreekwoord:
• In die vaarwater beland. [In die moeilikheid kom.]
• In iemand se vaarwater kom. [Op sy gebied kom; hom onderkruip.]

Vertaling:
Engels: fairway, waterway
Nederlands: vaarwater

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bombasties
Volgende onderwerp: onderploeg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 09 14:48:25 UTC 2025