natuurramp [boodskap #131279] |
Thu, 14 May 2020 15:54 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21003 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
natuurramp
Afbreking: na•tuur•ramp
Samestelling: natuur + ramp
Selfstandige naamwoord: natuurramp
Meervoud: natuurrampe
Verkleinwoord: natuurrampie
Meervoud van verkleining: natuurrampies
Betekenis:
• 'n Ongelukkige gebeurtenis wat deur die natuur veroorsaak word. Die effek van vloedgolwe, aardbewings, tornado's, sneeustortings en dies meer.
Gebruik:
• Die stad Pompeii is skielik deur 'n natuurramp getref en onder vulkaanas begrawe.
Vertaling:
Engels: natural disaster
Nederlands: natuurramp
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|