Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » hefboom
hefboom [boodskap #131261] Di, 12 Mei 2020 19:36
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20792
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Archimedes se hefboom.
Archimedes se hefboom.
hefboom
Afbreking: hef•boom
Samestelling: hef + boom


Selfstandige naamwoord: hefboom
Meervoud: hefbome
Verkleinwoord: hefboompie
Meervoud van verkleining: hefboompies

Betekenis:
• Meganisme wat 'n klein krag in kombinasie met 'n groot beweging omskakel in 'n klein beweging wat 'n groot las verplaas.

Gebruik:
• Archimedes het gesê: "Gee my 'n hefboom lank genoeg en 'n draaipunt om op dit te kan plaas, en ek sal die wêreld beweeg."

Afgelei:
• hefboomaksie
• hefboomarm
• hefboomas
• hefboomkrag
• hefboomskarnier
• hefboomstelsel
• hefboomsteun
• hefboomsteunpunt
• hefboomverhouding
• hefboomwerking

Vertaling:
Engels: lever
Nederlands: hefboom

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: skoert
Volgende onderwerp: meerkat
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Nov 25 05:12:03 MGT 2024