bedding [boodskap #131258] |
Di, 12 Mei 2020 16:03 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20792 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bedding
Afbreking: bed•ding
Selfstandige naamwoord: bedding
Meervoud: beddings
Verkleinwoord: beddinkie
Meervoud van verkleining: beddinkies
Betekenis:
• 'n Stukkie grond wat vir tuinmaak uitgesit is.
• Die bodem van 'n rivier of see.
Gebruik:
• Nadat sy die saad gesaai het, lei sy die bedding nat.
• Die bedding van 'n stadig vloeiende rivier is gewoonlik relatief gelyk.
Afgelei:
• blombedding
• rivierbedding
• roosbedding
• saadbedding
• seebedding
• slaaibeddinkie
• somerbedding
• winterbedding
Vertaling:
Engels: bed, watercourse
Nederlands: bedding
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|